Graag wil ons die volgende aan u bekend stel.

       
                 

Die ou bestaande leierskampe of veldskool het ons 'n bietjie verander en dit baie meer leersaam

gemaak maar ook meer interresant. Nie net wil ons al die leiers in u skool op die kamp okkupeer nie

maar ons wil ook elke kind moontlik daar hê om van hulle ook wenners te maak.

 
                 

Ons as kamp organiseerders het verneem dat die ou veldskool kampe in sekere areas nie meer

bestaan nie en het toe 'n gekombineerde kamp geskep waar u leerders in die skool die volgende

Waardes kan kom ontvang.

           
                 

Die kamp bestaan uit die volgende en word sterk aanbeveel in die lig gesien van die daaglikse

ongebalenseerde gebeurtenisse by sommige skole. Elke skool kan identifiseer waar die

 

Probleem area in sy skool is en ons spreek daardie punt aan by die kamp met die hoop dat ons

n positiewe inpak en verandering in kinders se lewe kan bring.

     
                 

Die kamp word aangebied in die vorm van ( FEAR FACTOR ) ( SURVIVOR ) & ( AMAZING RACE )

                 

Ja dit mag snaaks klink maar ons probeer om sekere van die aktiwiteite so naby as moontlik

aan die genoemde te koppel soos gesien in aangehegde program. Die kinders is versot op die

konsep en spanbou is baie belangrik. Nie net alleen leer ons die kinders om vrese en probleme

Te oorkom nie, maar ook word hulle op die kamp gemotiveer om almal wenners te wees.

                 

Daar vind ook seminare om die kampvuur plaas waar die volgende temas met die kinders

Bespreek word nl: KOMMUNIKASIE / GROEPSDRUK / VERHOUDINGS / EN LAASTENS

KONFLIK HANTERING.

           

Die gedagte ( 'n OOMBLIK VAN WAARHEID ) word by die kinders geskep en dan word hulle

As groepe in situasies geplaas waar hulle nou soortgelyke probleme moet oplos.

 
                 

Die kamp bied veel meer aan , maar ons doelwit is om kinders se koppe te draai en nie te

aanvaar hulle leef in die Nuwe Suid Afrika maar net omdat hulle moet nie , maar dat daar 'n

defnitiewe skeppings doel vir elkeen is.

         
                 

Die kamp se hoogte punt is waar die kinders kans kry om onder die sterre te kan slaap tussen

al die wilde diere wat in kampe is en die nag te beleef in die natuur met die brul van leeus lag van

Hienas die huil van Wolwe jakkalse en nog vele meer. Ons bied ook die geleentheid aan dat

by die leierskamp ook kontak gemaak word met Wide diere nl. Leeus Tiere Wolwe Hienas Cheetas

Krokodille Jaguars/Luiperde Wit Leeus en vele meer u kan die Webblad Van Caesers Bush Palace

gaan besoek vir meer inligting. Ons bied verder vir die kinders lesings aan oor wilde diere en neem

hulle op toere. Nagtoere sowel as inligting sessies oor Wildsplaas bestuur / Sterre kyk en Grond

bewaring. 'n Nasionale gekwalifiseerde veldgids doen die toere en gee inligting oor hoe kinders die

beroep kan vervolmaak.

 

Die kamp is geskep om kinders meer bewus te maak van die natuur maar speel speel en deur

gebruik te maak van die fear factor survivor SA Tema bv soos rou eiers eet mopanie wurms en

vele meer maak dit vir die kinders die kamp die moeite werd.Die uitdagings oorkom vrese en die

kamp in geheel is absoluut 100% veilig en bied waarde toevoeging vir elke kind wat dit sal bywoon.

     

 

     

 

Vir enige navrae skakel gerus Rozelda Behrens by 083 267 7016

 

 

 

     

 

     

 

Hoop om spoedig van u te hoor.

 

     

 

Rozelda Behrens

083 267 7016

Caesar’s Bush Palace